GONS Musiek

Jou Taal, Jou Musiek

Die tuiste vir Afrikaanse musiek. Ondersteun kunstenaars direk, geniet briljante musiek, en kry gratis toegang na feeste en optredes.

Hoe Om Te GONS

Drie eenvoudige stappe om deel te word van die beweging.

1

Skep Profiel

Registreer op GONS en skep jou persoonlike profiel in minute.

Skep Jou Profiel →
2

Installeer Op Jou Foon

Laai GONS Musiek af vanaf die App Store of Google Play en meld aan.

3

Geniet GONS

Luister na jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars en ondersteun hulle direk.

Hoekom GONS

Ondersteun Musikante Direk

Met GONS Musiek verdien jou kunstenaars Rande in plaas van sente as jy na hulle luister op die platform. Jy deel dan dus in 'n beweging wat dit volhoubaar maak vir kunstenaars om 'n bestaan deur hul kuns te voer in Afrikaans.

Jou Kaartjie Na Feeste en Optredes

Met GONS Musiek kry jy gratis toegang na feeste en optredes van jou gunsteling kunstenaars. Alles ingesluit in jou maandelikse subskripsiefooi. Beleef jou gunsteling kunstenaars in lewende lywe soos jy nog nooit tevore het nie.

Verdien Meer Geld Vir Jou Musiek

GONS Musiek gebruik 'n monetiseringsmodel wat maklik is om te verstaan, en meer belangrik – REGTE GELD vir jou musiek, in jou sak. Geen meer dubbelsinnige algoritmes of uitbetalings wat lank vat en nie sin maak nie.

Vir Luisteraars

GONS is gebou om vir Afrikaanse musiekluisteraars 'n wêreldklas toepassing te bied waarop hulle na hulle gunsteling Afrikaanse kunstenaars in briljante kwaliteit kan luister.

Al Jou Gunstellinge

Luister na al jou gunsteling kunstenaars op een plek.

Ondersteuning Wat Saak Maak

Deur na jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars te luister op 'n eksklusief Afrikaanse platform bied jy vir hulle 'n manier om 'n lewensbestaan deur hul musiek te voer.

Gratis Feeste en Optredes

Ons wil hê jy moet jou gunsteling kunstenaars beleef. Dus gaan 25% van jou maandelikse subskripiefooi direk aan 'n fonds om GONS-feeste te reël en vir jou gratis toegang na nader optredes te gee. Sien die GONS-toepassing as 'n kaartjie wat jou telkens gratis by feeste en optredes sal inkry.

Verseker 'n Toekoms in Afrikaans

Die GONS-fonds en GONS Hartklop-fonds bestaan om nuwe en bestaande musikante finansieel en geestelik by te staan om ons erfenis te beskerm en verder te ontwikkel.

Begin GONS Vandag

Installeer GONS vandag en probeer dit gratis vir 3 dae. Betaal dan slegs R100 per maand om al die voordele van GONS-lidmaatskap te geniet.

Registreer Nou

Vir Kunstenaars

Voel jy soms jy maak net nie geld uit jou musiek uit nie, en as jy die somme probeer maak oor uitbetalings werk voel dit soms soos 'n geval van "1 + 1 = 3"? Dan is GONS Musiek vir jou!

Alles Op Een Platform

Laai jou musiek direk op GONS vanaf ons Kunstenaars Portaal. Bestuur jou musiek, uitbetalings en sien jou speelstatistieke alles op een plek.

Deursigtige Verdienste

Verdien rande in plaas van sente vir elke luisteraar. Weet presies hoe ons daarby uitkom, met totale deursigtigheid.

Speel GONS-feeste

Slegs kunstenaars op die platform sal oorweeg word vir GONS-feeste. Laai jou musiek op en geniet geleenthede om voor jou luisteraars te speel.

GONS-fonds en Hartklop

Kry toegang tot die GONS-fonds vir befondsing en GONS Hartklop wat ontwikkel is om na jou sielkundige welstand om te sien.

Laai Jou Musiek Vandag!

Is jy reg om 'n GONS-kunstenaar te word en te sien hoe jou musiek vir jou kan werk? Volg die skakel en skep jou profiel vandag! Dit vat minute en jou musiek is tipies binne 12 ure op die platform.

Laai Jou Musiek

Die GONS Misie

GONS Musiek is begin deur mense met 'n passie vir musiek en Afrikaans. Ons glo die kunstenaars wat dikwels die klankbaan van ons lewens skryf verdien om ook 'n bestaan deur hulle kuns te kan voer, en nie net hoef staat te maak op toer en lewendige optredes – wat dikwels lang ure weg van hulle kinders af beteken. Sentraal tot die GONS-program is ons waardes.

Deursigtigheid

Alle opbrengste wat deur die GONS-platform gegenereer word, word met kunstenaars gedeel. Elke sent word gerapporteer en elke besluit neem die menings van die kunstenaars wat ons platform gebruik in ag.

Ontwikkeling

'n Oorhoofse deel van GONS-opbrengste gaan net so terug aan ons kunstenaars om hulle te help hulle kuns te ontwikkel en by te staan – sielkundig en finansieel. Slegs deur saamstaan kan ons die industrie beter maak vir almal.

Waarde Bo Wins

Met GONS is ons eerste objektief nie winsgewendheid nie, maar om soveel waarde vir intekenaars asook die kunstenaars wat die platform gebruik te skep – 'n tradisie van "almal bou saam en daardeur wen ons saam".

GONS Hartklop

GONS Hartklop

GONS Hartklop is 'n program waardeur ons kunstenaars emosioneel wil ondersteun in 'n loopbaan wat soms alleen is en baie sielkundige druk op kunstenaars plaas wie dikwels weke weg van hulle gesinne en families af spandeer. Kunstenaars sal per e-posuitnodiging ontvang na GONS Hartklop-programme in hulle areas.